
LPO haal positiewes uit sy streekvergaderings met skaapboere
Loading player...
Die Lewendehawe Produsente Organisasie het streekvergaderings met lede gehou oor ’n studie wat Namibiese skaapboere se deelname aan die internasionale lamsvleis-uitvoerketting wil versterk. Die skaapbedryf wil nuwe markte betree en sy afhanklikheid van lewende uitvoere na Suid-Afrika verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jako van Wyk , die president van die Lewendehawe Produsente Organisasie.