
RP-president Mudge waarsku oor nuwe pandemie-verdrag
Loading player...
Lede van die Wêreldgesondheidsorganisasie het na drie jaar 'n verdrag aanvaar om beter voor te berei vir toekomstige pandemies. Die ooreenkoms, wat in Genève aangeneem is, volg op die swak wêreldreaksie op Covid-19 en word as ’n oorwinning vir wêreldgesondheid beskou. Gesondheidskundiges verwelkom dit as ’n stap na groter billikheid. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Henk Mudge, president van die Republikeinse Party.