Die vraag na diamante en dus die prys van dié edelgesteendes sal na verwagting onder druk bly, sê Theo Klein van Oxford Economics in Kaapstad. Klein het reageer op Botswana se aankondiging dat produksie by sommige van Debswana se myne tydelik gestaak is in reaksie op ‘n afname in die…
Die Ouditeur-generaal van Lesotho, Paul Letlela, het vertragings en wanbestuur van twee groot projekte gekritiseer. Die Koninklike Paleis wat binne drie jaar voltooi moes wees, is na berigte 15 jaar later steeds nie voltooi nie. Die Lesotho-elektrisiteitsonderneming is intussen ook onder die loep geneem en het dringende regstappe gedoen om…
Die publiek het nog net tot Vrydag om voorstelle vir nuwe wette of wysigings aan bestaande wette in te dien. Tydens haar eerste Staatsrede op 24 April het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Namibiërs aangemoedig om betrokke te raak by wetgewende hervorming deur voorstelle aan die lynministerie in te dien. Kosmos 94.1…
Die KwaZulu-Natalse polisie stel tans ondersoek in na die omstandighede rondom die verdwyning van 'n Comrades-atleet wat ná die wedloop as vermis aangemeld is. Moira Harding van Kaapstad het die 98ste Comrades-marathon voltooi, maar toe verdwyn. 'n Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê sy is vanoggend gevind, na afloop van 'n intensiewe…
NamWater het 'n beplande sluiting van watervoorsiening in dele van die Oshikoto-streek vanaf middernag vannag tot middernag môre. Lot Ndamanomhata, NamWater se segsman sê die sluiting sal alle verspreidingspyplyne wat vanaf die Onembenge tweede toring in die Oshikoto-streek voorsien word, raak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.