NamWater het 'n beplande sluiting van watervoorsiening in dele van die Oshikoto-streek vanaf middernag vannag tot middernag môre. Lot Ndamanomhata, NamWater se segsman sê die sluiting sal alle verspreidingspyplyne wat vanaf die Onembenge tweede toring in die Oshikoto-streek voorsien word, raak. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Die DA doen 'n beroep op die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola om sy voortgesette bevordering van die ANC se mislukte ekonomiese transformasiebeleid te verduidelik. Die party sê in sy toespraak by die Black Business Council Donderdag het Lamola swart professionele persone versoek om die rewolusie te…
Die Russiese miljardêr en eienaar van Marula Game Ranch, Rashid Sardarov, het ‘n skool op een van sy lodges by Dordabis opgerig. Victoria Private School gaan nie net onderrig aan die kinders van Sardarov se werknemers verskaf nie, maar ook aan minderbevoorregte kinders. Kosmos 94.1 het met skoolhoof Frank Farmer…
Die prys van Brent ru-olie het effe gestyg en verhandel rondom 66 Amerikaanse dollar ‘n vat. Die Amerikaanse geldeenheid is op die oomblik swakker wat beteken die prys van olie behoort te styg en volgens ekonoom Dawie Klopper, terwyl dit nog nie in werklikheid gebeur het nie, kan dit nou…
Die Namibiese Statistieke-agentskap se data wys hoë vlakke van migrasie van landelike gebiede na stede, meesal deur jong werksoekers. Cirrus-ontleder Tannan Groenewald sê egter sowat 75 persent van hulle land in informele nedersettings, sonder werk. Die migrasie plaas ook beduidende druk op behuising in stedelike gebiede. Kosmos 94.1 Nuus het…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.