
SA moordsyfers neem effe af
Loading player...
Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, sê moordsyfers het in agt van die nege provinsies afgeneem. In totaal 6 467 mense is tussen Januarie en Maart dood - 'n afname van 3,1-persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Mchunu het tydens die vrystelling van die jongste misdaadstatistieke in Pretoria gesê die Noord-Kaap is die enigste provinsie wat 'n toename in moorde aangeteken het. Hy sê die provinsie maak slegs twee-persent van die nasionale syfer uit: