
Alcaraz vat Franse Ope in epiese eindstryd
Loading player...
Die verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, het ná twee stelle agter herstel en drie kampioenskapspunte afgeweer om die Italianer Jannik Sinner in ʼn epiese Franse Ope-eindstryd te verslaan. Die 22-jarige Spanjaard het die wêreld se nommer een in vyf ure en 29 minute met 4-6, 6-7, 6-4, 7-6, 7-6 verslaan in die langste Franse Ope-eindstryd in die geskiedenis. Alcaraz, wat die vyfde jongste speler is om vyf Grand Slam-titels te wen, sê hy het deur die hele wedstryd in homself geglo: