
SA woon Oseanekonferensie in Frankryk by
Loading player...
Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, woon vandag die derde VN-Oseanekonferensie in Nice, Frankryk, by. Die konferensie wil wêreldwye optrede versnel om oseane te bewaar en volhoubaar te gebruik Dit ondersteun Volhoubare Ontwikkelingsdoelwit 14: 'Lewe Onder Water'. Die departement se woordvoerder, Thobile Zulu-Molobi, sê die tema van die konferensie is gerig op versnelde optrede deur almal om oseane te bewaar en volhoubaar te gebruik ter bevordering van multilaterale oseaanprosesse, en meer geld vir oseaanvolhoubaarheid en blou ekonomieë: