
Kalifornië het nie federale hulp aangevra nie
Loading player...
Die goewerneur van Kalifornië, Gavin Newsom, sê die ontplooiing van 2 000 lede van die National Guard in Los Angeles oor die naweek is doelbewus opruiend. Hy waarsku dat dit die spanning net sal laat toeneem. President Donald Trump het die soldate in Los Angeles ontplooi te midde van toenemende betogings teen klopjagte deur Immigration Customs Enforcement of ICE. Newsom het die immigrasie-klopjagte gekritiseer en die Trump-administrasie beskuldig dat hulle chaos saai sodat hulle 'n verskoning kan hê om die optrede te verskerp. Los Angeles se burgemeester Karen Bass is ook teen Trump se stappe gekant.