
UDM-vroue ontstoke oor Pistorius wat aan Ysterman-driekamp deelneem
Loading player...
Die UDM Vroue-organisasie sê hulle is geskok om te hoor dat die veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius op 1 Mei aan die Isuzu Ysterman 70.3-driekamp in Durban deelgeneem het. Die party sê dit is sy eerste openbare sportbyeenkoms sedert hy in Januarie verlede jaar op parool vrygelaat is. Thandi Nontenja van die UDM sê sy prokureur, Conrad Dormehl, het die atleet se betrokkenheid as deel van sy rehabilitasie bevestig, en Pistorius se paroolbeampte het na bewering sy reis van Pretoria na Durban goedgekeur: