
Bestuur versigtig, wees bedagsaam op paaie: MVA
Loading player...
Die Motorvoertuigongelukkefonds vra bestuurders om veiligheid voor oë te hou tydens die langnaweek en komende vakansiedae. Padongelukke het toegeneem en daar's gewoonlik meer ongelukke in vakansietye, weens meer verkeer op die paaie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Ruben Uupindi, die fonds se senior bestuurder van ongeluk- en beseringsvoorkoming.