
Giwusa woedend oor voorstel om wette te buig vir Starlink
Loading player...
Die nywerheidsvakbond Giwusa verwerp met minagting wat hy noem Cosatu se skaamtelose voorstel, dat Suid-Afrika sy wette en regulasies tersyde moet stel vir Elon Musk se Starlink-internet. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê dit is nie bloot 'n beleidstoegewing nie, maar klasseverraad. Hy sê die vakbondfederasie is nou verplig om as 'n drukgroep vir miljardêr-rowers en imperialistiese belange op te tree: