Sokker: Banyana Banyana moet sokkies optrek

Loading player...
Banyana Banyana-afrigter Desiree Ellis sê sy is teleurgesteld met hulle vertoning teen Botswana in hul eerste wedstryd van die drienasies-reeks op die Lucas Moripe-stadion in Pretoria. Doele deur Adrielle Mibe en Jermaine Seoposenwe, wat twee bygedra het, het tot Suid-Afrika se 3-2-sege teen Botswana gelei. Banyana Banyana kom Dinsdag op dieselfde stadion teen Zambië te staan. Ellis erken daar is ruimte vir verbetering voor die Vroue-Afrikanasiesbeker in Julie teen Marokko:
29 May 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Copps 94.1: Rustige Vrydagaand in hoofstad

Copps 94.1 het ‘n betreklike stil Vrydagaand in Windhoek agter die rug, met motorbestuurders wat vir die meeste van die probleme verantwoordelik was. Francois Lottering was oudergewoonte saam en doen verslag vanaf die toneel:
30 May 9PM 1 min

Hoofverdagte in Olorato Mongale-moord doodgeskiet

Die hoofverdagte in die moord op die 30-jarige Olorato Mongale is vanoggend in KwaZulu-Natal deur die polisie doodgeskiet. Haar liggaam is Sondag in Lombardy-Wes in Johannesburg gevind. KZN se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê hulle het inligting ontvang dat een van die verdagtes by ʼn woonkompleks in Amanzimtoti skuil. Hy sê…
30 May 9AM 1 min

Trump mislei deur vals wit volksmoord-bewerings: Pastoor Mark Burns

Pastoor Mark Burns, 'n boesem-ondersteuner van Amerikaanse president Donald Trump, het bewerings van 'n wit volksmoord in Suid-Afrika weerlê en dit vals en gemanipuleerd genoem. In 'n onderhoud met Newzroom Afrika het Burns gesê Trump is mislei deur wit Suid-Afrikaanse groepe, insluitend AfriForum, wat onwettige grondbesetting en geweld oordryf het…
30 May 9AM 1 min

Amupanda byt vas met hoesstroop-bewerings

Die leier van die AR-beweging, Job Amupanda, het Donderdag 'n verklaring uitgereik oor 'n inspeksie in 2023 deur die Namibië Medisyne Reguleringsraad, wat glo verskeie probleme gevind het in die vervaardiging van 'n paracetemol hoesstroop vir kinders. Fabupharm, die vervaardiger, het in 'n verklaring die publiek verseker dat die stroop…
30 May 8AM 1 min

Joslin-veroordeelde sal appelleer teen vonnis

Een van die drie skuldiges in die Joslin Smith-saak, Steveno van Rhyn, gaan verlof tot appèl aanteken teen sy lewenslange vonnis. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het Van Rhyn, Kelly Smith en Jacquen Appollis tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir mensehandel, en 'n verdere tien jaar vir ontvoering. Al drie sal in die…
30 May 8AM 1 min