
Baanbreker-tegnologie vir Namibië se robbe ingespan
Loading player...
Die Marine Stewardship Council, MSC, het meer as 40 miljoen Namibiese dollar aan ’n Namibiese projek toegeken om rob-interaksies met visvangtoerusting te verminder. Die Namibiese Stokvisvereniging en wetenskaplikes gaan 'n nuwe tegnologie, Tast, toets wat skadelose lae-frekwensie geluide gebruik om robbe af te skrik. Dit bied ’n volhoubare oplossing vir newevangste en toerustingverstrengeling. Die projek is een van 85 wêreldwyd wat deel is van MSC se 2025 Ocean Stewardship Fund. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia.