Boulder-polisie ondersoek terreur-aanval

Loading player...
Ses mense tussen 67- en 88-jaar is beseer nadat ʼn man volgens berigte mense by ʼn winkelsentrum in Boulder, Colorado, in Amerika aan die brand gesteek het. Die 45-jarige verdagte, Mohamed Sabry Soliman, het na bewering ʼn tuisgemaakte vlamwerper gebruik en ʼn brandbom tussen die mense gegooi terwyl hy "Free Palestine" skree. ʼn FBI-agent, Mark Michalek, sê dis ʼn geteikende geweldsdaad en hulle ondersoek dit as ʼn daad van terrorisme:
2 Jun 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Motorsport: Dippenaar, Swan maak Tara-geskiedenis

Wilro Dippenaar en Carolyn Swan het geskiedenis gemaak deur die naweek se Shell V-Power Tara-tydren vir die derde opeenvolgende jaar te wen. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het die gebeure gevolg en doen verslag van die toneel:
8 Jun 3AM 1 min

Hou woef, kiets warm - dis ysig!

Die winter gaan die week met mening toeslaan en volgens voorspellings sal die hele land erg koud kry. Volgens die bekende weerkenner, George van der Merwe, is die stelsel uiters sterk en temperature sal baie laag wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Silke van der Merwe, die direkteur van…
8 Jun 2AM 1 min

SA koop R70m se entstof teen bek-en-klouseer

Suid-Afrika se minister van landbou, John Steenhuisen, sê sy departement het meer as 900 000 dosisse entstof ter waarde van 70 miljoen rand bestel om die bek-en-klouseer-uitbrekings in die land te bekamp. Hy sê diere sal ingeënt word in alle gebiede wat die departement geprioritiseer het. Steenhuisen sê Limpopo en…
8 Jun 12AM 1 min

Op jul merke, gereed, Comrades!

Die Comrades-marathonvereniging sê alles is gereed vir die groot jaarlikse wedloop. Vanjaar se afdraande-wedloop, van Pietermaritzburg na Durban, het 'n rekordaantal 24 000 inskrywings. Die hoofbestuurder van die Vereniging, Alain Dalais sê as gevolg hiervan moes 'n paar veranderinge aangebring word om die veiligheid van atlete te verseker. Een van…
8 Jun 12AM 1 min

Gaping vir Namibië om EV-battery te vervaardig

Die Internasionale Energie-agentskap berig dat 17,3 miljoen elektriese motors in 2024 wêreldwyd geproduseer is, ongeveer 'n kwart meer as in 2023. Dit was grotendeels as gevolg van verhoogde produksie in China, wat 12,4 miljoen elektriese motors, of meer as 70 persent van globale produksie opgelewer het. Die opswaai is te…
7 Jun 5AM 1 min