
Gaping vir Namibië om EV-battery te vervaardig
Loading player...
Die Internasionale Energie-agentskap berig dat 17,3 miljoen elektriese motors in 2024 wêreldwyd geproduseer is, ongeveer 'n kwart meer as in 2023. Dit was grotendeels as gevolg van verhoogde produksie in China, wat 12,4 miljoen elektriese motors, of meer as 70 persent van globale produksie opgelewer het. Die opswaai is te danke aan 'n toename in oorspronklike toerustingvervaardigers wat al die komponente produseer. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia, wat sê die land is goed geposisioneer om elektriese voertuie of batterye te vervaardig.