
Konsepplan aangeneem vir Katima Mulilo eenstop-grenspos
Loading player...
Namibië en Zambië se gesamentlike bestuurskomitee vir 'n eenstop-grenspos by Katima Mulilo het in Livingstone, Zambië, 'n konsep-implementeringsplan en bestuursraamwerk aangeneem, met die doel om die plan binne 'n maand te finaliseer en die projek binne 18 maande te voltooi. Die Namibië Inkomste-agentskapskommissaris Sam Shivute en Zambië se permanente handelsekretaris Lillian Bwalya, was mede-voorsitters van die vergadering. Die bestuurskomitee se volgende vergadering is geskeduleer vir September vanjaar in Namibië. Shivute het by die vergadering gepraat.