
Geen genade op Loftus in VRK-halfeindstryd
Loading player...
Rugby: Daar sal geen genade wees wanneer die Bulle en die Haaie mekaar vandag op Loftus in Pretoria aandurf nie. Dit gaan hier oor 'n plek in die eindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die afskop op Loftus is kwart-oor-ses. In die ander halfeindstryd is Leinster op hulle tuisveld in Dublin om die Glasgow Warriors te pak. Die afskop is om kwart-oor-vier, Suid-Afrikaanse tyd. Dis onwaarskynlik, maar as die Warriors Leinster klop, sal die eindstryd in Suid-Afrika plaasvind. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Willem Strauss, die president van die Blou Bulle.