
GRN tref voorbereidings vir Eurobond-aflossing
Loading player...
Die Namibiese regering het 'n aflossingsfonds begin om hul Eurobond-skuld te vereffen. Daar is reeds 463 miljoen Amerikaanse dollar in hierdie fonds, op pad na die 500 miljoen dollar teiken ter voorbereiding van die terugbetaling van die Eurobond van 750 miljoen dollar wat op 29 Oktober vanjaar betaalbaar is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Pandu Shaduka, vaste inkomste spesialis by Cirrus, wat meer het oor die uitstaande Eurobond.