Pluimveebedryf floreer, en kan nog groei

Loading player...
Namibië se pluimveebedryf se groeikurwe duur voort. Verlede jaar was die bedryf se produksiewaarde 1,74 miljard Namibiese dollar, ‘n styging van 13 persent teenoor die vorige jaar. Naas beesboerdery lewer pluimvee die tweede grootste bydrae tot landbou in die land. Pluimveeboere word versoek om by die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukteraad, LLPB, of die Pluimveeprodusentevereniging, die PPA, te registreer. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese adviseur van die akkkerbou- en pluimvee-afdeling by Agribank Namibië, gepraat:
2 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Karan-situasie raak ons boere, maar uitvoere na SA reeds minder

Nog kommentaar word ontvang op die nuus dat Karan Beef, Suid-Afrika se grootste voerkraal, positief getoets het vir bek-en-klouseer. Karan Beef koop maandeliks tussen 40 000 en 50 000 kalwers aan en die wegval van hierdie mark sal ‘n enorme uitwerking op die speenkalfprys hê. Namibiese produsente word ook geraak…
4 Jun 10AM 1 min

Olieraffinadery saam met Botswana 'maak sin'

Namibië se ambisies om 'n plaaslike olieraffinadery te ontwikkel, kan ernstige uitdagings in die gesig staar, met lae nasionale brandstofvraag en hoë kapitaalvereistes wat as belangrike struikelblokke na vore kom. ‘n Raffinadery benodig vraag van tot 300 000 vate daagliks en kan tot 90 miljard Namibiese dollar kos om op…
4 Jun 10AM 1 min

Goeie vooruitsigte vir groei in privaatsektor kredietverlening

Die jaarlikse groei in privaatsektor kredietverlening in April was 4,5 persent, effe laer as die 5 persent wat in Maart aangeteken is, maar aansienlik hoër as die 1,6 persent in April 2024. Besighede bly die hoofbydraers met groei van 7,1 persent op ‘n jaargrondslag, terwyl huishoudelike kredietgroei effens gedaal het…
4 Jun 9AM 1 min

KI 'gaan toekomstige oorloë oorheers'

Die voormalige Amerikaanse ambassadeur by Navo, Kay Bailey Hutchison, sê kunsmatige intelligensie sal oorlog in die toekoms oorheers. Besteding op verdediging, veral binne Navo, is op die Europese en Britse agenda. Bailey Hutchison het met Sky News gepraat.
4 Jun 9AM 1 min

MK-party se Shivambu 'nederig' om in parlement te dien

Floyd Shivambu van die MK-party het belowe om sy nuwe rol in die Parlement te gebruik om die party voor volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing en die algemene verkiesing in 2029 te versterk. Sy herontplooiing volg na 'n dissiplinêre besluit oor 'n ongemagtigde reis na Malawi, waar hy die voortvlugtige…
4 Jun 8AM 1 min