
Hofsaak oor lodge in Bwabwata kom weer voor
Loading player...
Uitspraak oor die dringendheid van ‘n aansoek deur Shamvura Camp naby Rundu word vanoggend in die hoërhof verwag. Shamvura wil keer dat ‘n lodge in die Mahango-kerngebied binne die Bwabwata Nasionale Park in die Kavango-Oos-streek gevestig word. Shamvura word deur agt ander aansoekers ondersteun. Hulle meen die omgewing sal beskadig word. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura gepraat.