
Nuwe landboumosie, staat kry voorkeur op kommersiële grond
Loading player...
Landbouminister Inge Zaamwani het 'n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê vir toestemming om 'n wetsontwerp in te dien wat grond-administrasie sal transformeer. Die Grondwetsontwerp sal onder andere die staat voorkeurregte gee om kommersiële grond te bekom en buitelandse besit van sulke grond verbied. Sy sê die wetsontwerp is grootliks ingelig deur resolusies wat by die tweede nasionale grondkonferensie aanvaar is. Zaamwani is aan die woord.