
Oos-Kaapse regering vra Bok-ondersteuners om toe te tree
Loading player...
Die Oos-Kaapse regering vra mense om die Springbokke te ondersteun in môre se tweede toets teen Italië in Gqeberha. Nelson Mandelabaai se eerste toets in vier jaar sal 'n tuiskoms wees vir afrigter Rassie Erasmus en spelers soos Makazole Mapimpi, wat van Mdatsane kom. Die provinsiale regering se woordvoerder, Khuselwa Rantjie, sê die wedstryd is 'n trotse oomblik vir die provinsie en die Bokke is 'n samebindende krag en simbool van nasionale trots: