
Henk Botha reageer op Semenya-uitspraak
Loading player...
Die Europese Hof vir Menseregte het sy Groot Kamer-uitspraak in die hoëprofielsaak van Caster Semenya teen 'n Switserse tribunaal gelewer, en bevind dat daar teen haar gediskrimineer is. Dit is omdat sy verbied is om deel te neem weens verskille in seksuele ontwikkeling, tensy haar hormoonvlakke medies verminder word. Kenners sê die uitspraak kan geslagsbeleid in sport hervorm. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van Henk Botha, afrigter van die Namibiese atlete Christine Mboma en Beatrice Malingi, wat ook hormoonbehandeling moes ondergaan.