
Karas-goewerneur gesels oor (groter) Neckartal-projek
Loading player...
Tydens sy streeksrede het Karas-goewerneur, Dawid Gertze, melding gemaak van die ontwikkeling van die nou langverwagte Neckartaldam-groenskema. Hy sê vordering word gemaak. Daar sal 12 000 hektaar ontwikkel word met tot 11 000 werkgesleenthede wat geskep sal word. Terwyl die omskepping van die gebied uiters duur en uitdagend sal wees sê Gertze die inisiatief is 'n keerpunt vir die streek se ekonomie.