Die kommunikasie owerheid, Cran, versterk sy pogings om veilige e-afvalverwydering in Namibië te bevorder. Die owerheid sê hy werk saam met die omgewingsministerie en Stad Windhoek in die verband. Jairus Kapenda, kommunikasiebestuurder by Cran het meer.
Die African Transformation Movement sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is onderbefonds en is nie voorbereid om toenemende bedreigings teen te staan nie. Die party sê die ontplooiing na die Demokratiese Republiek die Kongo het die gevare daarvan blootgelê om swak toegeruste soldate na konflikgebiede te stuur. Hy waarsku teen groeiende…
Tydens 'n LPM-perskonferensie het die party se operasionele sekretaris, Dawid Eigub, die stedelike en landelike ontwikkeling-minister, James Sankwasa, daarvan beskuldig dat hy sy magte misbruik en die wet verdraai om mag te neem wat nie aan hom behoort nie. Eigub het kommer uitgelig oor ministeriële oorskryding en beweerde finansiële wanbestuur…
En in plaaslike sportnuus het president Netumbo Nandi-Ndaitwah sport as een van die pilare van die sesde Nasionale Ontwikkelingsplan daargestel. Daar is verskeie projekte in die regering se visier, sowel as die bou van sogenaamde CAF-stadions en die opknapping van die Onafhanklikheidstadion na CAF-standaarde.
NamPower en sy implementeringsvennote nooi belanghebbendes na betrokkenheid-sessies oor die voorgestelde Opkomende Brandstofvoorsieningstrategie vir die 40 megawatt Otjikoto-biomassakragstasie wat by Tsumeb ontwikkel word. Die projek sal indringerbos vir brandstof gebruik. Die kragstasie sal sowat 70 000 ton biomassa van kleinskaalse voorsieners per jaar benodig en sowat 160 000 ton van…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.