SANW is onderbefonds, DRK ontplooiing lê probleme bloot

Loading player...
Die African Transformation Movement sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is onderbefonds en is nie voorbereid om toenemende bedreigings teen te staan nie. Die party sê die ontplooiing na die Demokratiese Republiek die Kongo het die gevare daarvan blootgelê om swak toegeruste soldate na konflikgebiede te stuur. Hy waarsku teen groeiende bedreigings soos misdaad, terrorisme en onwettige immigrasie. Die woordvoerder van die ATM, Zama Ntshona, sê die regering moet die skuld kry vir die verwaarlosing van nasionale verdediging:
22 Jul 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swapo-lede dink hulle's onaantasbaar: Sankwasa

Die stedelike ontwikkelingsminister James Sankwasa, het inwoners van Katima Mulilo aangespoor om verantwoordelik in die komende verkiesings te stem, en beklemtoon dat hoewel alle politieke partye ontwikkeling belowe, lewering dikwels tekortskiet. Sankwasa het by die Ngweze-gemeenskapsaal gepraat en Swapo-partylede gekritiseer wat optree asof hulle onaantasbaar is.
22 Aug 8AM 1 min

Putin kan nie vertrou word, waarsku Europese Kommissie

Die vise-president van die Europese Kommissie, Kaja Kallas, waarsku die Russiese president, Vladimir Putin, kan nie vertrou word om enige belofte of ooreenkoms te eerbiedig nie. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se spesiale gesant, Steve Witkoff, het vroeër die week bevestig Putin het ingestem om Amerika toe te laat om…
22 Aug 8AM 1 min

Maureen Hinda-Mbuende nou in Namcor hoë stoel

Die Namcor-raad het voormalige adjunkminister van finansies, Maureen Hinda-Mbuende, as tussentydse besturende direkteur aangestel, met ingang Maandag 25 Augustus, vir 'n tydperk van ses maande. Haar aanstelling volg op 'n aanbeveling van die regering as aandeelhouer. Namcor-woordvoerder Utaara Hoveka het meer.
22 Aug 8AM 1 min

Optrede teen 'onwettige' buitelanders wek kommer

Die parlementêre portefeuljekomitee oor Gesondheid se voorsitter, Sibongiseni Dhlomo, sê Suid-Afrika se kommer oor onwettige buitelanders kan nie geïgnoreer word nie. Organisasies soos Operasie Dudula en March to March het veral in Gauteng en KwaZulu-Natal, buitelanders wat volgens hulle onwettig is, uit staatsgesondheidsentrums verwyder. Dhlomo sê mense sonder dokumentasie is…
22 Aug 8AM 1 min

Substandaard toerusting, foutiewe instellings lei tot swak opvangs

MTC het 'n opgradering van die landelike internet-netwerk van stapel gestuur met die naam Project Buffalo, nadat hulle meer as 2 000-kilometer oor Outapi, Oshakati, Rundu en Katima Mulilo geoudit het. Die oudit met vennoot Huawei het bevind dat swak toringplasing, lae antennas, beperkte 4G/LTE en verkeerd ingestelde toerusting die…
22 Aug 6AM 1 min