
Parlemente moet vroueregte bevorder, sê speaker
Loading player...
Die speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het 'n beroep gedoen op wêreldwye sterker parlementêre toesig in die bevordering van die agenda vir vroue, vrede en veiligheid. Sy het by die 15de spitsberaad van vroue-speakers in Genève gepraat en sê daar was vordering, maar ook voortdurende uitdagings. Dit sluit in die onderverteenwoordiging van vroue in vredespogings en beperkte befondsing.