
Amoomo op pensioendiewe se spoor
Loading player...
Regsman Kadhila Amoomo sê hy sal nie die saak van pensioenarisse wat ingeloop is by NamPost laat vaar voor hy nie ‘n gunstige uitkoms kry nie. NamPost het intussen gesê hy het ‘n dringende ondersoek gelas en kyk ook na die moontlike byvoeging van onwettige begunstigdes, saam met onreëlmatige aftrekkings. Amoomo sê aan Kosmos 94.1 Nuus NamPost het twee weke tyd om die saak op te los.