
Meer as 500 onwettige myners by Barberton gevind
Loading player...
Polisie in Mpumalanga sê nog onwettige mynwerkers sal na verwagting by die Sheba-myn in Barberton gearresteer word. Maandag is nog 24 vasgetrek wat die getal sedert Vrydag op 518 te staan bring. Aanklagte teen hulle sluit in besit van gouddraende materiaal, oortreding van die Immigrasiewet en betreding. Owerhede beraam dat meer as ʼn duisend onwettige mynwerkers ondergronds bedrywig is. ʼn Polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê een van die verdagtes was in besit van ʼn vuurwapen: