
Duitse regering 'gaan nie volksmoord-vergoeding betaal'
Loading player...
Duitsland se parlement bly verdeeld oor vergoeding vir die volksmoord van die Ovaherero en Nama in 1904 tot 1908. Die nuwe regering onder leiding van Friedrich Merz voer aan dat internasionale strafreg destyds nie bestaan het nie. Intussen word verwag dat Duitsland op 7 Oktober in die Windhoek-hoërhof sal verskyn in 'n saak wat deur die Landless People's Movement en verskeie tradisionele owerhede gelei word. Die Duitse historikus Jürgen Zimmerer het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die nuwe regering toon min belangstelling in sy koloniale verlede.