
SA diereliefhebbers besorgd oor uitvoer van diere per boot
Loading player...
Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings sê hy het 'n gedetailleerde voorlegging ingedien teen die voorgestelde regulasies vir die uitvoer van lewende diere per see. Die departement van landbou het die regulasies in Julie vir openbare kommentaar gepubliseer. Nazareth Appalsamy van die nasionale raad sê daar is geen verpligte embargo in die regulasies op uitvoere na die Midde-Ooste gedurende die warmste tydperke van die jaar nie wanneer diere die grootste risiko loop vir pynlike hittestres in die Midde-Oosterse waters: