
Gaza: Namibië kan nie op kantlyn bly, sê kenner
Loading player...
Te midde van oproepe dat die regering meer daadwerklik moet optree teen Israel weens die humanitêre krisis in Gaza, sê die vooraanstaande politieke ontleder Ndumba Kamwanyah dat Namibië beide 'n wetlike verpligting en 'n morele verantwoordelikheid het om dit te doen. Hy sê as 'n ondertekenaar van talle internasionale menseregte-instrumente kan Namibië nie passief bly nie. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het hy sy mening gegee oor wat ter plaatse gedoen kan word.