Internasionale dinkskrum oor finansiële insluiting open op Swakop

Loading player...
Die 2025 Alliance for Financial Inclusion Global Policy Forum het vandag amptelik in Swakopmund geopen en meer as 800 afgevaardigdes van regoor die wêreld bymekaargebring. Sentrale banke, finansiële reguleerders, beleidmakers en tegnologie-innoveerders het byeengekom om die toekoms van finansiële insluiting te vorm. Die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, het tydens die opening finansiële insluiting beskryf as 'n kragtige katalisator vir bemagtiging en volhoubare groei.
4 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Groei in privaatsektor kredietverlening kan voortduur, maar...

Die groei in privaatsektor kredietverlening het in Julie 5,7 persent jaar-op-jaar beloop, wat die vinnigste groeitempo sedert vroeg-2020 handhaaf. Thazwill Thompson, 'n ontleder van Simonis Storm, sê kredietverlening sal waarskynlik stewig bly, gerugsteun deur lae rentekoerse en bestendige sakelenings. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus rig Thompson egter 'n…
4 Sep 8AM 1 min

Epstein-sage 'n Demokratiese klug, sê Trump

Die vrystelling van die volledige Epstein-lêers is weer in die nuus in Amerika, na 'n protes in Washington om 'n wetsontwerp daaroor te steun. President Donald Trump is tydens 'n perskonferensie in die Withuis daaroor uitgevra, en het dit weer afgemaak as 'n klug deur die Demokrate. Volgens hom gebruik…
4 Sep 8AM 1 min

Bestuursindeks op agenda in Swakopmund

Namibië bied tans die Afrika-portuurbeoordelingsmeganisme se bestuursindeks nasionale dialoog en data-bekragtiging werkswinkel in Swakopmund aan. Dit het ten doel om deursigtigheid en bewysgebaseerde besluitneming te versterk deur te verseker dat akkurate data die land se bestuursindeks inlig. Erongo-goewerneur Nathalia Goagoses het in 'n toespraak gesê die werkswinkel handel oor die…
4 Sep 7AM 1 min

Vyf word vervolg oor Jagersfontein slykdamramp

Die regering het bevestig dat strafregtelike stappe volgende week begin teen vyf verdagtes in verband met die Jagersfontein-slykdamramp in die Vrystaat in 2022. Drie mense is dood toe die damwal gebreek het. Die woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die vyf verdagtes, wat in diens…
4 Sep 7AM 1 min

Gaza: Namibië kan nie op kantlyn bly, sê kenner

Te midde van oproepe dat die regering meer daadwerklik moet optree teen Israel weens die humanitêre krisis in Gaza, sê die vooraanstaande politieke ontleder Ndumba Kamwanyah dat Namibië beide 'n wetlike verpligting en 'n morele verantwoordelikheid het om dit te doen. Hy sê as 'n ondertekenaar van talle internasionale menseregte-instrumente…
4 Sep 6AM 1 min