Bestuursindeks op agenda in Swakopmund

Loading player...
Namibië bied tans die Afrika-portuurbeoordelingsmeganisme se bestuursindeks nasionale dialoog en data-bekragtiging werkswinkel in Swakopmund aan. Dit het ten doel om deursigtigheid en bewysgebaseerde besluitneming te versterk deur te verseker dat akkurate data die land se bestuursindeks inlig. Erongo-goewerneur Nathalia Goagoses het in 'n toespraak gesê die werkswinkel handel oor die vorming van beleid wat gemeenskappe direk sal beïnvloed en bestuur op alle vlakke sal verbeter.
4 Sep 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bek-en-klou: Namibië op hoë gereedheidsgrondslag

Namibië is op hoë gereedheidsgrondslag namate 'n ernstige bek-en-klouseer-uitbreking deur Suid-Afrika versprei, met meer as 270 gevalle wat in vyf provinsies aangemeld is. In reaksie hierop het die plaaslike Direktoraat van Veeartsenykundige Dienste reisregulasies verskerp en die invoer van alle produkte van gesplete hoefdiere sonder 'n veeartsenykundige invoerpermit verbied. In…
6 Sep 6AM 1 min

Huldeblyke stroom in vir wyle Ras Sheehama

Huldeblyke vir Namibië se musiek-ikoon Ras Sheehama, wat sy eie lewe geneem het, stroom in. Volgens die polisie is Sheehama se liggaam Vrydagoggend in ‘n huis in Windhoek gevind. Daar was ‘n selfdoodbrief en die polisie vermoed geen vuilspel nie. As 'n baanbrekersfiguur in Namibiese musiek, sal Sheehama onthou word…
6 Sep 4AM 1 min

My F*k, Marelize gewildste fliek in SA

My F*k, Marelize – die Afrikaanse fliek wat oor ‘n Namibiese gesin handel – het reeds meer as ‘n miljoen rand by die loket in Suid-Afrika verdien en is boaan die lys van gewildste flieks in die buurland. Dit is die eerste keer sedert sedert 2016 dat ‘n Afrikaanse rolprent…
6 Sep 3AM 1 min

Trump in sy noppies oor oorlogsnaam

Amerika se president Donald Trump het Vrydag ‘n uitvoerende bevel in die Withuis geteken wat die Departement van Verdediging se naam na die Departement van Oorlog verander. Amerikaanse media verwag dit sal nagenoeg een miljard Amerikaanse dollar kos om die name te verander van honderde agentskappe, embleme, e-posadresse en uniforms…
6 Sep 3AM 1 min

'SA gesinne moet kies tussen kos en krag'

Die DA sê die Mededingingskommissie se verslag oor lewenskoste bevestig die ANC het sedert 2020 'n mislukte elektrisiteitsbeleid gedryf met pryse wat met 68 persent opgegaan het, meer as dubbeld dié van inflasie. Die party voer aan gesinne word gedwing om tussen kos en elektrisiteit te kies. Die DA-lid, Kevin…
6 Sep 2AM 1 min