
Bek-en-klou: Namibië op hoë gereedheidsgrondslag
Loading player...
Namibië is op hoë gereedheidsgrondslag namate 'n ernstige bek-en-klouseer-uitbreking deur Suid-Afrika versprei, met meer as 270 gevalle wat in vyf provinsies aangemeld is. In reaksie hierop het die plaaslike Direktoraat van Veeartsenykundige Dienste reisregulasies verskerp en die invoer van alle produkte van gesplete hoefdiere sonder 'n veeartsenykundige invoerpermit verbied. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Simon Nghipandulwa, woordvoerder van die ministerie van landbou, dat die maatreëls daarop gemik is om Namibië se veebedryf te beskerm.