UWK speel sleutelrol in stryd teen Ebola

Loading player...
Die Universiteit van die Wes-Kaap sê hy speel 'n sleutelrol in die vasteland se optrede teen die jongste Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die UWK se woordvoerder, Gasant Abarder, sê die uitbreking, wat in die Kasai-provinsie bevestig is, het reeds 15 lewens geëis, met 28 vermeende gevalle wat in die Bulape- en Mweka-gesondheidsones aangemeld is. Hy sê dit is die DRK se 16de Ebola-uitbreking en die eerste in Kasai sedert 2008:
7 Sep 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Saara het lof vir Katolieke Vrouebeweging

Tydens die 25ste herdenking van die Namibiese Katolieke Vrouebeweging die naweek het die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, die beweging se belyning met nasionale pogings geprys om ongelykheid, geslagsgebaseerde geweld en armoede te bestry. Sy het beklemtoon dat hul werk regeringsbeleid versterk en grondwetlike waardes in aksie in…
8 Sep 6AM 1 min

Mensehandel moet lewenslange tronkstraf kry

Cosatu sê hy ondersteun die oproep vir lewenslange tronkstraf vir sewe Chinese burgers wat skuldig bevind is aan mensehandel en kinderarbeid. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê hulle is in November 2019 in hegtenis geneem nadat 'n gesamentlike klopjag 91 ongedokumenteerde Malawiese burgers, waarvan 37 kinders was, in 'n fabriek…
8 Sep 6AM 1 min

Tannie Marie is amper daar

'n Ouma van Rehoboth word 70, en stap 70 kilometer dwarsdeur Namibië om bewustheid oor kinderkanker te skep. Marie Beukes, liefdevol bekend as Tannie Marie, vier haar mylpaalverjaarsdag met 'n reis wat haar reeds oor berge, langs kuslyne en deur valleie geneem het. Met net 20 kilometer oor, is sy…
8 Sep 6AM 1 min

Groenskemas: Ontbinding van Agribusdev verwelkom

Die bespreking rondom die land se groenskemas duur voort. Die landboukundige Wallie Roux glo dat die ontbinding van Agribusdev, weens langdurige finansiële probleme en wanbestuur, 'n stap in die regte rigting was. Dit baan moontlik die weg vir die herlewing en uitbreiding van die groenskemas. In 'n onderhoud met Kosmos…
8 Sep 6AM 1 min

Nekundi stel nuwe RA-raad aan, verwag innovering, ontwikkeling

Die Paaie-owerheid het 'n nuwe leierskapspan. Die vervoerminister, Veikko Nekundi, het 'n tydelike raad van direkteure vir 'n tydperk van ses maande aangestel, met Martin Kambulu aan die stuur en dr. Selma Karuaihe as adjunk. Nekundi sê die aanstellings is strategies en is daarop gemik om innovasie te bevorder en…
8 Sep 6AM 1 min