
Nekundi stel nuwe RA-raad aan, verwag innovering, ontwikkeling
Loading player...
Die Paaie-owerheid het 'n nuwe leierskapspan. Die vervoerminister, Veikko Nekundi, het 'n tydelike raad van direkteure vir 'n tydperk van ses maande aangestel, met Martin Kambulu aan die stuur en dr. Selma Karuaihe as adjunk. Nekundi sê die aanstellings is strategies en is daarop gemik om innovasie te bevorder en nasionale ontwikkeling te versnel.