Nee, daar's nie 'n verbod op SA vleis en melk

Loading player...
Die landbouministerie verduidelik dat Namibië nie 'n verbod op vleis- en melkinvoere uit Suid-Afrika ingestel het nie. Dit volg op berigte in plaaslike media dat so 'n verbod ingestel is. Die ministerie het wel verlede week aangekondig dat 'n permit nodig is vir die inbring van vleis afkomstig van gesplete hoef-diere. Die ministerie sê volgens die wet is daar beperkings wat 'n geldige permit vir die invoer van hierdie produkte vereis. Woordvoerder Simon Nghipandulwa het meer.
8 Sep 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

IPC sê Sankwasa verraai sy eie teenkorrupsie-standpunt

Die IPC het hom teen die aanstelling van Marina Kandumbu as waarnemende administrateur van die Katima Mulilo-stadsraad uitgespreek. Die IPC se skaduminister van justisie, Elvis Lizazi, sê die besluit van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, weerspreek sy teenkorrupsie-standpunt direk. Kandumbu is in 2014 aan korrupsie skuldig…
9 Sep 5AM 1 min

Swys sê Bok-vroue kan leer uit nederlaag teen Frankryk

Die Springbok-vroue se afrigter, Swys de Bruin, sê daar is baie positiewe dinge om te neem uit hul laaste groep D-Wêreldbekerwedstryd teen Frankryk in Northampton. Suid-Afrika het 'n teleurstellende nederlaag van 57-10 teen Les Bleues gely en kom Saterdag teen die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, te staan in die kwarteindronde. De…
9 Sep 5AM 1 min

Waagkapitaal belangrik vir SME ontwikkeling

Die Namibia Business Angel Network het saam met Bellatrix SME Finance en Bellatrix Investment Managers 'n driejaar-inisiatief aangegaan om 450 000 Namibiese dollar in vroeëfase-innovasie te belê. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het SMEs Compete se Danny Meyer gesê dat waagkapitaalbelegging 'n baie belangrike instrument is om entrepreneurs…
9 Sep 4AM 1 min

Putin kan Kiëf besoek vir samesprekings, sê Zelensky

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het in 'n eksklusiewe onderhoud met ABC News se This Week-program gesê hy sal nie na Moskou gaan om 'n skietstilstand-ooreenkoms te bespreek, soos Russiese president Vladimir Putin voorgestel het nie. Hy het bygevoeg dat Putin Kiëf kan besoek.
9 Sep 4AM 1 min

Innoverende landbou-projek vorder goed

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram en die Britse Hoë Kommissariaat het 'n besoek aan Ikokola Village in Omusati afgelê om die vordering met 'n kritieke geïntegreerde voedselstelselprojek by die Mateus Nashandi Gekombineerde Skool te beoordeel. Sedert 2023 het die inisiatief skoolvoeding versterk, voeding verbeter en plaaslike landbou-ontwikkeling ondersteun. Theodor Uukongo…
9 Sep 3AM 1 min