Dís hoekom Kanker-appelprojek na vroeg-'26 verskuif is

Loading player...
Bank Windhoek het die bekendstelling van sy jaarlikse Kanker-appelprojek na Februarie 2026 herskeduleer, en dit in lyn gebring met die piek appel-oesseisoen om die varsste vrugte en groter koste-effektiwiteit te verseker. Jacquiline Pack, die bank se hoof van bemarking en korporatiewe kommunikasie, het aan Kosmos 94.1 Nuus meer inligting gegee.
8 Sep 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

IPC sê Sankwasa verraai sy eie teenkorrupsie-standpunt

Die IPC het hom teen die aanstelling van Marina Kandumbu as waarnemende administrateur van die Katima Mulilo-stadsraad uitgespreek. Die IPC se skaduminister van justisie, Elvis Lizazi, sê die besluit van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, James Sankwasa, weerspreek sy teenkorrupsie-standpunt direk. Kandumbu is in 2014 aan korrupsie skuldig…
9 Sep 5AM 1 min

Swys sê Bok-vroue kan leer uit nederlaag teen Frankryk

Die Springbok-vroue se afrigter, Swys de Bruin, sê daar is baie positiewe dinge om te neem uit hul laaste groep D-Wêreldbekerwedstryd teen Frankryk in Northampton. Suid-Afrika het 'n teleurstellende nederlaag van 57-10 teen Les Bleues gely en kom Saterdag teen die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, te staan in die kwarteindronde. De…
9 Sep 5AM 1 min

Waagkapitaal belangrik vir SME ontwikkeling

Die Namibia Business Angel Network het saam met Bellatrix SME Finance en Bellatrix Investment Managers 'n driejaar-inisiatief aangegaan om 450 000 Namibiese dollar in vroeëfase-innovasie te belê. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het SMEs Compete se Danny Meyer gesê dat waagkapitaalbelegging 'n baie belangrike instrument is om entrepreneurs…
9 Sep 4AM 1 min

Putin kan Kiëf besoek vir samesprekings, sê Zelensky

Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het in 'n eksklusiewe onderhoud met ABC News se This Week-program gesê hy sal nie na Moskou gaan om 'n skietstilstand-ooreenkoms te bespreek, soos Russiese president Vladimir Putin voorgestel het nie. Hy het bygevoeg dat Putin Kiëf kan besoek.
9 Sep 4AM 1 min

Innoverende landbou-projek vorder goed

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram en die Britse Hoë Kommissariaat het 'n besoek aan Ikokola Village in Omusati afgelê om die vordering met 'n kritieke geïntegreerde voedselstelselprojek by die Mateus Nashandi Gekombineerde Skool te beoordeel. Sedert 2023 het die inisiatief skoolvoeding versterk, voeding verbeter en plaaslike landbou-ontwikkeling ondersteun. Theodor Uukongo…
9 Sep 3AM 1 min