Groenskemas: Ontbinding van Agribusdev verwelkom

Loading player...
Die bespreking rondom die land se groenskemas duur voort. Die landboukundige Wallie Roux glo dat die ontbinding van Agribusdev, weens langdurige finansiële probleme en wanbestuur, 'n stap in die regte rigting was. Dit baan moontlik die weg vir die herlewing en uitbreiding van die groenskemas. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het Roux die belangrikheid van publiek-private vennootskappe beklemtoon om die sukses van hierdie inisiatiewe te verseker.
8 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nee, daar's nie 'n verbod op SA vleis en melk

Die landbouministerie verduidelik dat Namibië nie 'n verbod op vleis- en melkinvoere uit Suid-Afrika ingestel het nie. Dit volg op berigte in plaaslike media dat so 'n verbod ingestel is. Die ministerie het wel verlede week aangekondig dat 'n permit nodig is vir die inbring van vleis afkomstig van gesplete…
8 Sep 11AM 1 min

Polisie skiet 5 verdagtes dood in KZN

Vyf verdagtes is vanoggend doodgeskiet in 'n skietery met die polisie by die Pump House informele nedersetting in Chatsworth, KwaZulu-Natal. Die polisie het, met behulp van inligting, die groep opgespoor wat gesoek word vir moord, roof, afpersing en onwettige vuurwapens in die Mpumalanga-township, Mariannhill, KwaNdengezi en Umsunduzi. 'n Polisiewoordvoerder, Robert…
8 Sep 11AM 1 min

Dís hoekom Kanker-appelprojek na vroeg-'26 verskuif is

Bank Windhoek het die bekendstelling van sy jaarlikse Kanker-appelprojek na Februarie 2026 herskeduleer, en dit in lyn gebring met die piek appel-oesseisoen om die varsste vrugte en groter koste-effektiwiteit te verseker. Jacquiline Pack, die bank se hoof van bemarking en korporatiewe kommunikasie, het aan Kosmos 94.1 Nuus meer inligting gegee.
8 Sep 10AM 1 min

Vakbond betwis 'mededingende' salarisse by Chinese firmas

Chinese maatskappye wat in Namibië bedrywig is word onder die loep geneem nadat die Nasionale Unie van Namibiese Werkers bewerings in 'n nuwe verslag wat verbeterde salarisse, voordele en werksomstandighede uitlig, betwis het. Terwyl die verslag verklaar dat meer as 10 000 Namibiërs deur Chinese besighede in diens is en…
8 Sep 10AM 1 min