
Mensehandel moet lewenslange tronkstraf kry
Loading player...
Cosatu sê hy ondersteun die oproep vir lewenslange tronkstraf vir sewe Chinese burgers wat skuldig bevind is aan mensehandel en kinderarbeid. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê hulle is in November 2019 in hegtenis geneem nadat 'n gesamentlike klopjag 91 ongedokumenteerde Malawiese burgers, waarvan 37 kinders was, in 'n fabriek in Village Deep, Johannesburg, gevind het. Sy sê die federasie doen 'n beroep op die Departement van Indiensneming en Arbeid om terreininspeksies te verskerp om mensehandel en kinderarbeid te bestry: