
Huldeblyke stroom in vir wyle Ras Sheehama
Loading player...
Huldeblyke vir Namibië se musiek-ikoon Ras Sheehama, wat sy eie lewe geneem het, stroom in. Volgens die polisie is Sheehama se liggaam Vrydagoggend in ‘n huis in Windhoek gevind. Daar was ‘n selfdoodbrief en die polisie vermoed geen vuilspel nie. As 'n baanbrekersfiguur in Namibiese musiek, sal Sheehama onthou word vir sy unieke samesmelting van reggae, Afro-fusion en tradisionele Namibiese ritmes. Nascam-voorsitter Joseph Ailonga het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Sheehama leef voort deur sy musiek.