
My F*k, Marelize gewildste fliek in SA
Loading player...
My F*k, Marelize – die Afrikaanse fliek wat oor ‘n Namibiese gesin handel – het reeds meer as ‘n miljoen rand by die loket in Suid-Afrika verdien en is boaan die lys van gewildste flieks in die buurland. Dit is die eerste keer sedert sedert 2016 dat ‘n Afrikaanse rolprent dit kon regkry. MultiChoice, vervaardigers van die fliek, het die Namibiese filmbedryf bedank vir hul bydrae tot die fliek, wat verskeie toekenings by die Silwerskermfees ingepalm het. My F*k, Marelize draai ook tans in teaters in Windhoek. Hier’s ‘n stukkie uit die lokprent: