Help CAN om kinderkanker te beveg

Loading player...
Hierdie September roep die Kankervereniging van Namibië die nasie op tot aksie met hul "Geel en Goud vir Kinderkankerbewustheid"-veldtog. Volgens die Kankervereniging staar vyf Namibiese gesinne elke week die hartseer van 'n kinder-kankerdiagnose in die gesig. Van kolwyntjieverkope tot gesinspretdae, is geleenthede regoor die land daarop gemik om fondse in te samel en hoop te gee vir jong vegters deur die CHICA Namibië-program. Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging, Rolf Hansen, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
5 Sep 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vanaand is bloedmaan, maanverduistering

Namibiërs kry vanaand die kans om ‘n besondere verskynsel in die nagruim te sien – die sogenaamde bloedmaan tydens die maansverduistering. Die rooi kleur word veroorsaak deur stofdeeltjies in die aarde se atmosfeer. Professor Pieter Meintjies van Bloemfontein Universiteit het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
7 Sep 6AM 1 min

Tshwane kry interdik teen opveil van eiendom

Die Stad Tshwane sê hy het die Noordwes-Behuisingskorporasie suksesvol verbied om stadseiendomme in Mabopane, noord van die stad, op te veil. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die stad het die Hooggeregshof in Pretoria genader nadat die korporasie 'n advertensie geplaas het van 'n grootmaatverkoping van meer as 400…
7 Sep 5AM 1 min

Eiendosmregte in SA by kritieke keerpunt, sê TLU

In die buurland sê die landbou-organisasie TLU SA eiendomsregte in Suid-Afrika het 'n kritieke keerpunt bereik. Bennie Van Zyl van TLU SA sê die ideologiese ontmaskering van president Cyril Ramaphosa se benadering tot die herverdeling van grond, soos onlangs in Harare onthul is, het die regering se geloofwaardigheid in hierdie…
7 Sep 4AM 1 min

UWK speel sleutelrol in stryd teen Ebola

Die Universiteit van die Wes-Kaap sê hy speel 'n sleutelrol in die vasteland se optrede teen die jongste Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo. Die UWK se woordvoerder, Gasant Abarder, sê die uitbreking, wat in die Kasai-provinsie bevestig is, het reeds 15 lewens geëis, met 28 vermeende gevalle wat…
7 Sep 4AM 1 min

Rugby: Springbokke stel teleur teen All Blacks

Die All Blacks moes hard teen die Springbokke veg om 'n 24-17 oorwinning op Eden Park in Auckland te behaal, in hul eerste 2025 Rugbykampioenskapswedstryd. Die All Blacks is nou vir 51 wedstryde onoorwonne op die Eden Park stadion. Nieu-Seeland het in die eerste helfte oorheers met drieë deur Emoni…
7 Sep 3AM 1 min