Marissa Verheij gesels oor haar nuwe lied, The Lord's Prayer

Loading player...
In haar nuutste vrystelling neem Marissa luisteraars op ’n besonderse geestelike reis met die kragtige woorde van die Onse Vader. Hierdie lied is nie net musiek nie, dit is ’n gebed wat met siel en hart gesing word... ’n uitnodiging om saam stil te word en God se teenwoordigheid te ervaar. Luister hoe sy meer deel oor die inspirasie agter die lied, die boodskap wat sy hoop mense daaruit sal neem, en haar passie om geloof deur musiek te deel.
15 Sep 6AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

FEDSAS oor skoleplasings

Terwyl ouers in Pretoria en omliggende gebiede nog wag om te hoor by watter skole hul kinders volgende jaar geplaas gaan word, blyk dit dat die plasingstelsel in Gauteng onder groot druk is. Die frustrasie van ouers en skole neem toe, en bedrieërs gebruik die onsekerheid om voordeel te trek…
5 Nov 5AM 16 min

CRPS bewusmaking - Christelle de Beer draf 1000 dae agtereenvolgens

November is CRPS bewusmakingsmaand. Dit staan vir "complex regional pain syndrome". Christelle de Beer se voetbrug het in 2020 platgeval en dit was die begin van 'n lang en pynlike reis tot sy uiteindelik met CRPS gediagnoseer is. Sy het elke dag van haar lewe pyn. Tog laat sy nie…
3 Nov 5AM 12 min

GEE-week: Moeggesukkel & SA Cares

#MidOggend met Sarina se gesprek gee vir ons daardie HOOPstoot wat mens nodig het om aan te hou GEE. Sarina gesels met Jacques Papenfus, stigter van Moeggesukkel, Sanet Fagan, besturende direkteur van SA Cares for Life, en Liaune en Surisa van Atterbury Trust. Jacques het gedeel hoe Moeggesukkel ’n toevlug…
30 Oct 2AM 31 min

GEE-week: Charonike gebed

Nadat die Mid-Oggend span daarin kon slaag om met behulp van gehoorsame en getroue luisteraars R100 000 in te samel, het Charonike almal in trane gehad met haar hartroerende dankgebed. Luister gerus en bid saam.
30 Oct 2AM 1 min

GEE-week: Atterbury Trust rentevrye studiebeurslenings

#MidOggend met Sarina het met drie ongelooflike vroue gesels wat bewys dat drome werklik waar kan word – danksy die Atterbury Trust Rentevrye Studiebeursleningsinisiatief. 💫 Jacomien Rousseau het haar inspirerende storie gedeel – van beursstudent tot suksesvolle Geoktrooieerde Rekenmeester (CA). Sy is een van die eerste in haar familie met…
27 Oct 8AM 18 min