Regering oorweeg tegniese kolleges

Loading player...
Die regering oorweeg dit om bestaande beroepsopleidingsentrums in staatsbesit in tegniese kolleges te omskep, as deel van die land se Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan. Beroepsopleiding bly ‘n prioriteit vir die regering, maar die sektor moet aan die huidige en toekomstige kundigheidsbehoeftes voorsien, sê onderwysminister Sanet Steenkamp. Haar openingstoespraak tydens die nasionale beroepsopleidingslypskool op Otjiwarongo Dinsdag is deur die direkteur van beroepsopleiding, Dalia Mwiya, gelewer:
17 Sep 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Alle belangstelling in kernkrag is militêr - kenner

Franse president Emmanuel Macron het vandeesweek aangekondig die land se kernarsenaal gaan versterk word. Hy sê dit is in reaksie op 'n toenemend onstabiele strategiese omgewing, en dat die volgende 50 jaar 'n era van kernwapens sal wees. Dit kom te midde van die oorlog tussen Israel en Amerika teen…
6 Mar 3AM 1 min

Outa ontbloot swakhede in NSFAS akkommodasiestelsel

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê hul twee jaar lange ondersoek het ernstige swakhede in die akkommodasiestelsel van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente ontbloot. Die organisasie het bestuursmislukkings, akkreditasiefoute en korrupsierisiko's gevind, met sommige eiendomme wat gelys word as huisvesting vir honderde studente, wat blykbaar gewone privaat huise is. Rudie…
6 Mar 3AM 1 min

KZN berei voor vir swaar reën

Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, het alle rampbestuurspanne op hoë gereedheidsgrondslag geplaas in afwagting van hewige storms vandag. 'n Vlak vier waarskuwing deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel swaar reën, skadelike winde en weerlig oor 'n groot deel van die provinsie, insluitend eThekwini, Pietermaritzburg,…
6 Mar 2AM 1 min

WGO bevestig 13 aanvalle op Iran se gesondheidinfrastruktuur

Die Wêreldgesondheids-organisasie sê meer as 'n duisend mense is dood in die toenemende konflik in die Midde-Ooste. Meer as 100 000 mense is ontwortel en 16 lande word geraak. Werksaamhede is tans gestaak by die WGO se logistieke hoofkantoor vir globale gesondheids-noodgevalle in Dubai. Direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê hulle het…
6 Mar 2AM 1 min

Vroue moet meer sake-ondersteuning ontvang

Terwyl die wêreld Internasionale Vrouedag op 8 Maart vier, word die finansiële sektor aangespoor om te heroorweeg hoe dit vroue in die sakewêreld ondersteun. Connie-Marlene Theyse, Access Bank se uitvoerende hoof van korporatiewe bankwese, sê vanjaar se wêreldwye fokus op #GiveToGain moet verder as viering en na konkrete aksie beweeg…
6 Mar 2AM 1 min