Aanklaer soek doodstraf vir Kirk se vermeende moordenaar

Loading player...
Die 22-jarige Tyler Robinson is amptelik aangekla van die moord op die aktivis, Charlie Kirk. Hy staar sewe aanklagte in die gesig: moord met verswarende omstandighede, onwettige afvuur van ʼn vuurwapen, twee aanklagte van regsverydeling, twee van inmenging by getuies, en pleeg van ʼn geweldsmisdaad in kinders se teenwoordigheid. Kirk is verlede Woensdag tydens ʼn geleentheid by Utah Valley University vermoor. Utah se distriksaanklaer, Jeff Gray, sê Robinson se DNS was op die sneller van die wapen waarmee Kirk doodgeskiet is:
17 Sep 2025 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Alle belangstelling in kernkrag is militêr - kenner

Franse president Emmanuel Macron het vandeesweek aangekondig die land se kernarsenaal gaan versterk word. Hy sê dit is in reaksie op 'n toenemend onstabiele strategiese omgewing, en dat die volgende 50 jaar 'n era van kernwapens sal wees. Dit kom te midde van die oorlog tussen Israel en Amerika teen…
6 Mar 3AM 1 min

Outa ontbloot swakhede in NSFAS akkommodasiestelsel

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, sê hul twee jaar lange ondersoek het ernstige swakhede in die akkommodasiestelsel van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente ontbloot. Die organisasie het bestuursmislukkings, akkreditasiefoute en korrupsierisiko's gevind, met sommige eiendomme wat gelys word as huisvesting vir honderde studente, wat blykbaar gewone privaat huise is. Rudie…
6 Mar 3AM 1 min

KZN berei voor vir swaar reën

Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, het alle rampbestuurspanne op hoë gereedheidsgrondslag geplaas in afwagting van hewige storms vandag. 'n Vlak vier waarskuwing deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel swaar reën, skadelike winde en weerlig oor 'n groot deel van die provinsie, insluitend eThekwini, Pietermaritzburg,…
6 Mar 2AM 1 min

WGO bevestig 13 aanvalle op Iran se gesondheidinfrastruktuur

Die Wêreldgesondheids-organisasie sê meer as 'n duisend mense is dood in die toenemende konflik in die Midde-Ooste. Meer as 100 000 mense is ontwortel en 16 lande word geraak. Werksaamhede is tans gestaak by die WGO se logistieke hoofkantoor vir globale gesondheids-noodgevalle in Dubai. Direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus sê hulle het…
6 Mar 2AM 1 min

Vroue moet meer sake-ondersteuning ontvang

Terwyl die wêreld Internasionale Vrouedag op 8 Maart vier, word die finansiële sektor aangespoor om te heroorweeg hoe dit vroue in die sakewêreld ondersteun. Connie-Marlene Theyse, Access Bank se uitvoerende hoof van korporatiewe bankwese, sê vanjaar se wêreldwye fokus op #GiveToGain moet verder as viering en na konkrete aksie beweeg…
6 Mar 2AM 1 min