Gemeenskappe gemaan om geskenkte toerusting te beskerm

Loading player...
Die Duitse KfW ontwikkelingsbank doen 'n beroep op bewaringsorganisasies om gemeenskapsgedrewe bewaring te prioritiseer en sleutelinfrastruktuur te beskerm vir langtermyn-impak. Dit kom nadat die bank toerusting en infrastruktuur ter waarde van 15 miljoen Namibiese dollar in Oshakati oorhandig het, wat daarop gemik is om konflik tussen mens en wild aan te pak en alternatiewe lewensbestaan onder die Postgen-projek te bevorder. Die KfW-portefeuljebestuurder, Nuria Stormer verduidelik.
30 Sep 2025 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Steenkamp warm onder die kraag na rassistiese opmerkings deur Nudo

Die parlement het Woensdag vroeg verdaag te midde van chaos, na opmerkings oor nasionaliteit en identiteit gerig aan adjunk-onderwysminister Dino Ballotti deur Nudo-parlementslid Vetaruhe Kandorozu. Dit het gebeur toe die IPC se Imms Nashinge, leier van die amptelike opposisie in die parlement, sy bydrae tot die verkrygingswetsontwerp gelewer het. Balotti…
4 Mar 10PM 1 min

VSA ondersoek aanval op skool in Iran

Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, het Woensdag tydens 'n perskonferensie gesê die departement van verdediging ondersoek die kwessie van 'n laerskool vir meisies in Iran wat deur missiele getref is en waar 175 mense gesterf het. Sy het geantwoord op 'n vraag of Amerika die skool geteiken het. Luister…
4 Mar 10PM 1 min

Nog geen planne om Namibiërs uit Midde-Ooste te repatrieer

Terwyl verskeie lande begin om hul burgers uit die Midde-Ooste te repatrieer te midde van die oorlog tussen Iran, Israel en Amerika, het die Namibiese regering nog nie sulke planne aangekondig nie. Suid-Afrika se Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het bevestig dat ten minste 150 Suid-Afrikaners veilig huis toe…
4 Mar 10AM 1 min

Nuwe All Blacks-afrigter opgewonde oor toer na SA

Rugby: Nieu-Seeland se nuwe hoofafrigter, Dave Rennie, sê hy is opgewonde oor die toer in Suid-Afrika later vanjaar. Die Springbokke is in Augustus en September gashere vir die All Blacks. Drie van die vier toetse word in Johannesburg en Kaapstad gespeel, en die ander een die eerste keer in Amerika…
4 Mar 10AM 1 min