JD Vance blameer Demokrate vir dooiepunt oor befondsing

Loading player...
Amerika se visepresident JD Vance glo die federale regering sal sluit indien die dooiepunt oor fondse voortduur. ʼn Laaste wanhopige vergadering gister tussen president Donald Trump en Demokratiese leiers in die Kongres het min vordering gemaak. Die Demokrate weier om die Republikeinse Party se wetgewing oor voortgesette befondsing ná vandag te steun, tensy dit verskeie gesondheidsbepalings insluit. Vance blameer die Demokrate wat aandring om oor gesondheidsorg-befondsing te onderhandel om die regering oop te hou:
30 Sep 2025 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Steenkamp warm onder die kraag na rassistiese opmerkings deur Nudo

Die parlement het Woensdag vroeg verdaag te midde van chaos, na opmerkings oor nasionaliteit en identiteit gerig aan adjunk-onderwysminister Dino Ballotti deur Nudo-parlementslid Vetaruhe Kandorozu. Dit het gebeur toe die IPC se Imms Nashinge, leier van die amptelike opposisie in die parlement, sy bydrae tot die verkrygingswetsontwerp gelewer het. Balotti…
4 Mar 10PM 1 min

VSA ondersoek aanval op skool in Iran

Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, het Woensdag tydens 'n perskonferensie gesê die departement van verdediging ondersoek die kwessie van 'n laerskool vir meisies in Iran wat deur missiele getref is en waar 175 mense gesterf het. Sy het geantwoord op 'n vraag of Amerika die skool geteiken het. Luister…
4 Mar 10PM 1 min

Nog geen planne om Namibiërs uit Midde-Ooste te repatrieer

Terwyl verskeie lande begin om hul burgers uit die Midde-Ooste te repatrieer te midde van die oorlog tussen Iran, Israel en Amerika, het die Namibiese regering nog nie sulke planne aangekondig nie. Suid-Afrika se Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het bevestig dat ten minste 150 Suid-Afrikaners veilig huis toe…
4 Mar 10AM 1 min

Nuwe All Blacks-afrigter opgewonde oor toer na SA

Rugby: Nieu-Seeland se nuwe hoofafrigter, Dave Rennie, sê hy is opgewonde oor die toer in Suid-Afrika later vanjaar. Die Springbokke is in Augustus en September gashere vir die All Blacks. Drie van die vier toetse word in Johannesburg en Kaapstad gespeel, en die ander een die eerste keer in Amerika…
4 Mar 10AM 1 min