Skaars Suidelike Karmynbyvreters in Kavango-Oos in gevaar

Loading player...
Die Suidelike Karmynbyvreter, een van Namibië se skaarsste voëlspesies, staar 'n skerp afname in die gesig - nie as gevolg van natuurlike oorsake nie, maar as gevolg van doelbewuste menslike inmenging. In die Kavango Oos-streek word neskranse vernietig en voëls in visnette gevang. Kampeienaar Mark Paxton sê die hoofkolonie naby sy Shamvura-kamp het in een jaar van 3 500 tot slegs 2 000 voëls gedaal. Paxton het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat 'n gemeenskapswagstelsel op grondvlak nou die voëls se enigste hoop is, maar die sukses daarvan bly onseker.
30 Sep 2025 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Steenkamp warm onder die kraag na rassistiese opmerkings deur Nudo

Die parlement het Woensdag vroeg verdaag te midde van chaos, na opmerkings oor nasionaliteit en identiteit gerig aan adjunk-onderwysminister Dino Ballotti deur Nudo-parlementslid Vetaruhe Kandorozu. Dit het gebeur toe die IPC se Imms Nashinge, leier van die amptelike opposisie in die parlement, sy bydrae tot die verkrygingswetsontwerp gelewer het. Balotti…
4 Mar 10PM 1 min

VSA ondersoek aanval op skool in Iran

Die Withuis se perssekretaris, Karoline Leavitt, het Woensdag tydens 'n perskonferensie gesê die departement van verdediging ondersoek die kwessie van 'n laerskool vir meisies in Iran wat deur missiele getref is en waar 175 mense gesterf het. Sy het geantwoord op 'n vraag of Amerika die skool geteiken het. Luister…
4 Mar 10PM 1 min

Nog geen planne om Namibiërs uit Midde-Ooste te repatrieer

Terwyl verskeie lande begin om hul burgers uit die Midde-Ooste te repatrieer te midde van die oorlog tussen Iran, Israel en Amerika, het die Namibiese regering nog nie sulke planne aangekondig nie. Suid-Afrika se Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het bevestig dat ten minste 150 Suid-Afrikaners veilig huis toe…
4 Mar 10AM 1 min

Nuwe All Blacks-afrigter opgewonde oor toer na SA

Rugby: Nieu-Seeland se nuwe hoofafrigter, Dave Rennie, sê hy is opgewonde oor die toer in Suid-Afrika later vanjaar. Die Springbokke is in Augustus en September gashere vir die All Blacks. Drie van die vier toetse word in Johannesburg en Kaapstad gespeel, en die ander een die eerste keer in Amerika…
4 Mar 10AM 1 min